• " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN

    From willahottie@gmail.com@21:1/5 to Hessie on Sat Mar 24 21:59:02 2018
    On Thursday, March 25, 2004 at 5:40:00 AM UTC+2, Hessie wrote:
    C.J. Langenhoven
    Ag wat, dis maar 'n hond

    Met modderpote, Ha-ga-ga!
    Trap hy die voordeur oop -
    Trap hy twee rytjies blommetjies
    Sovér as wat hy loop.

    En lag-lag loop hy, Ha-ga-ga!
    Deur voorhuis en kombuis:
    Geen plek is vir hom heilig nie -
    Geen hoekie in die huis.

    En wil hy lê, hy flop hom neer
    Op blink-gevryfde vloer -
    Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
    Of waar sy sin hom voer.

    Daar lê hy, lag hy Ha-ga-ga!
    En skud sy stof daar uit,
    En werk sy modder stadig los,
    En vas op die tapyt.

    En ,,Buite Jakhals" sê sy nooi,
    En ,,Ha-ga-ga!" sê hy,
    En kyk haar lag-lag, vriendlik aan,
    En stap bedaard opsy;

    En dink dit was 'n groot kordaat
    Om in die huis te lê,
    En spore vir sy nooi te trap,
    En ,,Ha-ga-ga!" te sê.

    Maar ,,Buite Jakhals!" Uit moet hy -
    En voel so skaam en skroom,
    Dat hy die arme kat bevlieg:
    En dié bevlieg die boom.

    Die ,,Ha-ga-ga" word ,,Boe-woe-woef";
    Hy sukkel om te klim,
    En krap die boom se bas en brom:
    ,,Die kat die was te slim."

    Hy speel met hoender, vark, en kalf,
    Tot hul die doodsangs kry:
    En al hoe naarder hulle word,
    Hoe vroliker word hy.

    Tot ek my naderhand vererg,
    En ernstig ,,Jakhals!" skree;
    Dan kom hy kruip-kruip, smekend aan,
    Ootmoedig en gedwee.

    Hy weet hy het die peits verdien,
    En weet hy sal dit kry:
    Maar vlug? O nee! ,,My baas die roep
    Ek kom al straf hy my."

    En buk-buk, sleep-sleep, kom hy aan,
    Met stemloos smeekgebed:
    Maar is hy stom, - sy houding spreek
    Hoe 'n diep berou hy het.

    En is die laaste raps geval,
    Dan is hy, ag! so bly:
    Hy spring en dans van dankbaarheid -
    Die pak die is verby.

    Hy kom my smorens handjie gee -
    Die beste wat hy het:
    ,,Twee growwe pote," sê sy nooi:
    ,,Kyk nou hoe lyk die bed!"

    Dan stap hy naar die nooi se kant,
    En ,,Ha-ga-ga!" lag hy;
    En kyk haar so vertrouelik aan,
    En eindlik glimlag sy.

    So maak hy ons díe lewe lig;
    Hy's altyd klaar vir speel -
    Nooit nuk'rig of neerslagtig nie -
    Sy plig is nooit te veel.

    Maar is dit ék wat treurig is,
    Hy voel en deel my smart:
    'n Natte neusie in my hand
    Bring troos uit hondehart.

    Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
    Geen onreg deer sy trou -
    Mishandling, honger, vloek, en skop,
    Laat hom sy diens nooit rou.

    Hy neem die slegte wat hy kry,
    En is daar dankbaar voor:
    Hy gee die beste wat hy het,
    En dink daar nooit weer oor.

    O spraakloos, sielloos, reedloos dier!
    Waar is 'n mens soos jy?
    O ongeloonde lewensslaaf!
    Waar's so 'n vriend te kry?

    Jou lus is in jou baas se lief -
    In sy verdriet jou leed;
    Sy nuk en gril - jou wet en wil,
    Wyl jy jouself vergeet.

    En is jou troue diens verby
    Met laaste lewensstond,
    Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
    Wat is 'n dooie hond?

    Maar is dit hy wat eerste gaan,
    Dan lê jy op sy graf,
    En pas sy rusplaas op, en wag
    Vergeefs 'n weersiens af.

    --- SoupGate-Win32 v1.05
    * Origin: fsxNet Usenet Gateway (21:1/5)
  • From helenakolbe1@gmail.com@21:1/5 to All on Tue Sep 4 03:50:22 2018
    " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN
    25/03/2004Hessie
    C.J. Langenhoven
    Ag wat, dis maar 'n hond
    Met modderpote, Ha-ga-ga!
    Trap hy die voordeur oop -
    Trap hy twee rytjies blommetjies
    Sovér as wat hy loop.

    En lag-lag loop hy, Ha-ga-ga!
    Deur voorhuis en kombuis:
    Geen plek is vir hom heilig nie -
    Geen hoekie in die huis.

    En wil hy lê, hy flop hom neer
    Op blink-gevryfde vloer -
    Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
    Of waar sy sin hom voer.

    Daar lê hy, lag hy Ha-ga-ga!
    En skud sy stof daar uit,
    En werk sy modder stadig los,
    En vas op die tapyt.

    En ,,Buite Jakhals" sê sy nooi,
    En ,,Ha-ga-ga!" sê hy,
    En kyk haar lag-lag, vriendlik aan,
    En stap bedaard opsy;

    En dink dit was 'n groot kordaat
    Om in die huis te lê,
    En spore vir sy nooi te trap,
    En ,,Ha-ga-ga!" te sê.

    Maar ,,Buite Jakhals!" Uit moet hy -
    En voel so skaam en skroom,
    Dat hy die arme kat bevlieg:
    En dié bevlieg die boom.

    Die ,,Ha-ga-ga" word ,,Boe-woe-woef";
    Hy sukkel om te klim,
    En krap die boom se bas en brom:
    ,,Die kat die was te slim."

    Hy speel met hoender, vark, en kalf,
    Tot hul die doodsangs kry:
    En al hoe naarder hulle word,
    Hoe vroliker word hy.

    Tot ek my naderhand vererg,
    En ernstig ,,Jakhals!" skree;
    Dan kom hy kruip-kruip, smekend aan,
    Ootmoedig en gedwee.

    Hy weet hy het die peits verdien,
    En weet hy sal dit kry:
    Maar vlug? O nee! ,,My baas die roep
    Ek kom al straf hy my."

    En buk-buk, sleep-sleep, kom hy aan,
    Met stemloos smeekgebed:
    Maar is hy stom, - sy houding spreek
    Hoe 'n diep berou hy het.

    En is die laaste raps geval,
    Dan is hy, ag! so bly:
    Hy spring en dans van dankbaarheid -
    Die pak die is verby.

    Hy kom my smorens handjie gee -
    Die beste wat hy het:
    ,,Twee growwe pote," sê sy nooi:
    ,,Kyk nou hoe lyk die bed!"

    Dan stap hy naar die nooi se kant,
    En ,,Ha-ga-ga!" lag hy;
    En kyk haar so vertrouelik aan,
    En eindlik glimlag sy.

    So maak hy ons díe lewe lig;
    Hy's altyd klaar vir speel -
    Nooit nuk'rig of neerslagtig nie -
    Sy plig is nooit te veel.

    Maar is dit ék wat treurig is,
    Hy voel en deel my smart:
    'n Natte neusie in my hand
    Bring troos uit hondehart.

    Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
    Geen onreg deer sy trou -
    Mishandling, honger, vloek, en skop,
    Laat hom sy diens nooit rou.

    Hy neem die slegte wat hy kry,
    En is daar dankbaar voor:
    Hy gee die beste wat hy het,
    En dink daar nooit weer oor.

    O spraakloos, sielloos, reedloos dier!
    Waar is 'n mens soos jy?
    O ongeloonde lewensslaaf!
    Waar's so 'n vriend te kry?

    Jou lus is in jou baas se lief -
    In sy verdriet jou leed;
    Sy nuk en gril - jou wet en wil,
    Wyl jy jouself vergeet.

    En is jou troue diens verby
    Met laaste lewensstond,
    Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
    Wat is 'n dooie hond?

    Maar is dit hy wat eerste gaan,
    Dan lê jy op sy graf,
    En pas sy rusplaas op, en wag
    Vergeefs 'n weersiens af.

    --- SoupGate-Win32 v1.05
    * Origin: fsxNet Usenet Gateway (21:1/5)