• Oor Afrikaans en Nederlands

    From fritzvr40@gmail.com@21:1/5 to home.com on Tue Jul 4 16:54:55 2017
    On Monday, 19 March 2001 06:04:59 UTC+2, home.com wrote:
    Simon van der Schans wrote:

    @home.com <@home.com> wrote in message
    <3AB28DA6.6495C851@home.com>...

    Wat is die Gloudina-teorie?

    Gloudina

    Quote:

    En die basis van Afrikaans was dan ook nie die streektaal vandie
    Zaanstreek nie,
    maar wel van suid-nederlands soos gespreek
    in die sewentiende eeu (en gebruik in die mond van meestal
    mense wat nie Nederlands gebruik het as moedertaal nie.)

    Unquote

    Swart Simon

    Wel Simon, dis nie my teorie nie. Dis die algemene opinievan meeste taalnavorsers dat die toonaangewende Nederlands
    aan die Kaap dié was van die Van Riebeecks en dié snare
    wat almal uit die suidelike dele van sewentiende eeuse Nederland
    gekom het. Maar daardie Nederlands het ook maar min verskil
    van wat ons vandag as Nederlands beskou, net soos Afrikaans
    eintlik ook maar min van Nederlands verskil in sy basiese
    woordeskat en strukture. Afrikaans lyk maar net baie verskillend
    van Nederlands op papier. Dis die manier van skryf, liewer as die
    manier van praat wat drasties verander het.

    Gloudina

    Ek probeer Nederlands leer met 'n aanlyn kurses in engels. Wens daar was eerder 'n kurses in Afrikaans waar mens Nederlands kan leer in plaas van die Verbasterde Latyn. Afrikaans is tog die dogter taal van Nederlands. Die moeder is 'n meer ingewikkelde
    volwasse dame.

    --- SoupGate-Win32 v1.05
    * Origin: fsxNet Usenet Gateway (21:1/5)