• Enigste SA Kerslied

    From zummi.31@gmail.com@21:1/5 to dr...@telkomsa.net on Tue Jun 14 14:41:34 2016
    On Sunday, December 21, 2008 at 8:39:14 PM UTC+2, dr...@telkomsa.net wrote:
    Somerkersfees
    (Welkom o stille nag van vrede, Lied No 358, Liedboek van die Kerk)

    (Woorde; Koos du Plessis en Jannie du Toit: Musiek; Koos du Plessis)

    Welkom o stille nag van vrede,
    onder die suiderkruis,
    wyl stemme uit die ou verlede
    oor sterrehemel ruis

    Kerfees kom, Kersfees kom –
    gee aan God die eer.
    Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
    in hierdie land, o Heer.

    Hoor jy hoe sag die klokke beier
    In eeue-oue taal.
    Kyk, selfs die nagtelike swye
    vertel die ou verhaal.

    Kerfees kom, Kersfees kom –
    gee aan God die eer.
    Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
    in hierdie land, o Heer.

    Voel jy ook nou sy warm liefde
    As ond die dag gedenk,
    Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
    Ons grootste kersgeskenk.

    Christus kom, Christus kom –
    gee aan God die eer.
    Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
    in hierdie land, o Heer.

    Mooi, eenvoudige woorde en ‘n mooi, eenvoudige, gewyde wysie. Gaan
    luister by www.sois.uwm.edu/afrikaans/culture/music/choir_ooskaap/choir_ooskaap_somerkersfees.html

    Dit pas ook mooi aan by ons land, is dit nie? Beter as 'n oorgewig
    Vader Krismis in 'n warm, rooi oorpak, wat op 'n sneeuslee deur
    rendiere getrek word.

    Daar is 'n goeie kans vir reën hier by ons op Kersdag. Ek hoop dit
    reën want ek het in al my jare – en ek is al in beseringstyd – nog
    nooit 'n reënerige Kersdag beleef nie.

    Geseënde Kersfees en voorspoed vir julle almal.

    Drom

    --- SoupGate-Win32 v1.05
    * Origin: fsxNet Usenet Gateway (21:1/5)