• Sekwestrasie

    From nadia8430zeelie@gmail.com@21:1/5 to Elaine on Thu Mar 17 00:23:01 2016
    On Sunday, April 27, 2003 at 2:21:20 AM UTC+2, Elaine wrote:
    As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates van die besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers verdeel. Elkeen kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan 20c op 'n rand kry terwyl ander net 10c op 'n rand kry. Daarna word alle skuld afgeskryf en mag die besigheidseienaar vir die volgende 5 jaar nie weer 'n soortgelyke besigheid begin nie. Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu), en dan sal die persoon verantwoordelik bly vir die skuld totdat dit klaar betaal is. As 'n persoon onder administrasie geplaas word, word 'n trust fonds gestig by 'n prokureur. Elke maand gaan gee jy vir die prokureur 'n bedrag geld wat deur die hof goedgekeur is (die hof kan ook bevind dat jou werkgewer dit direk
    van jou salaris aftrek word). Die prokureur verdeel dan die geld tussen die skuldeisers. Onder normale omstandighede sal jy dan op die "swartlys" wees totdat al jou skuld afbetaal is. Daarna begin jy weer met 'n skoon blaaitjie, en geen rekord van jou vorige slegte skuld mag meer bestaan nie. 'n Besigheid mag homself (ditself?) wel vrywillig laat sekwestreer, mits jy kan bewys dat jy nie die skuld kan betaal nie, maar dieselfde prinsiep geld as 'n besigheid wat deur die hof bankrot verklaar is.
    Net so ietsie vir die wat belangstel. As jy iemand geld skuld, en jy kan
    nie betaal nie, kan die skuldeiser nie sommer meer net sy goed kom haal nie. As hy wil, moet hy vir jou die geld (minus depriasie) wat jy reeds afbetaal het op die produk teruggee. So as iemand by jou opdaag, sonder 'n hofbevel, om jou meubels wat jy 3 maande laas betaal het te kom haal, stuur hulle weg. Gewoonlik sal die hof beveel dat jy hulle 'n verminderde bedrag betaal as jy nie in staat daartoe is om die volle bedrag elke maand te betaal nie. As jy glad nie kan betaal nie, sal jy moontlik onder administrasie geplaas word,
    of jy kan aanbeveel dat sommige van jou bates verkoop word om die skuld te delg. 'n Mens kan jare onder administrasie wees, en net betaal soos jy geld inkry. 'n Mens gaan sit nie meer in die tronk vir slegte skuld nie, behalwe nou natuurlik as jy die ontvanger miljoene skuld...

    Groete
    Elaine

    "pete" <someone@abc.com> wrote in message news:b8em03$f4n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
    Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer? Ek sien die
    balju
    het van sy goed kom laai en blykbaar mag die ou nie skuld aangaan vir die volgende 10 jaar nie - maar wat gebeur nou met die uitstaande skuld? Hy is nou wel skynbaar bankrot maar moet so 'n persoon nie nog maandeliks van sy skuld afbetaal nie? Die mense van wie ek hier skinder maak asof dit alles
    'n
    groot avontuur is - Gold Reef City se moses!

    TIA



    Ek het hulp nodig en het reeds verskeie roetes gegaan om die probleem op te los en sit tans met my hare in my hande en weet nie meer watter kan toe nie, het reeds " denbt review" genader , hulle kan my nie help nie. ek gee nie om om vir die volgende 10
    jaar te betaal nie , net solank my goed nie afgevat word nie en net solank alles op die regte wetlike manier plaasvind. ek kan nie eers my foon aansit nie, dit lui van 6 uur die oggend tot 10 uur die aand.

    agv gebeure buite my beheer kan ek nie meer die skuldeisers betaal nie, ek sit met 'n x-bedrag aan die einde vd maan wat ek kan bied vir afbetaling, maar ek kan nie die bates verloor nie. ek weet nie meer watter roete nie. ek is verby raadop.


    daar is bankrotskap aangeraai deur n vriend, maar ek is self nie seker hoe dit werk en of dit die oplossing is vir my nie.

    --- SoupGate-Win32 v1.05
    * Origin: fsxNet Usenet Gateway (21:1/5)